Sake Burger, 10.11.06
Stellenbosch en Helderberg was die voorlopers in die Great Wine Capitals Global Network Best of Wine Tourism-kompetisie vir 2006. Elk het in drie van die ses kategoriee in vanjaar se kompetisie met die louere weggestap.
Die ses wenners van die Kaapse kompetisie, wat pas deur die plaaslike organiseerders aangekondig is, is die drie Stellenbosse ondernemings Devon Valley-hotel (Beste verblyf), Terroir (Beste Wyntoerismerestaurant) en Zevenwacht (Groot Wyntoerisme-ervaring) en Vergelegen (Beste Kuns en Kultuur, en Beste Argitektuur) en Lourensford (Beste Parke, Tuine en Omgewing) in die Helderberg.
Nog twee inskrywings uit Franschhoek is hul kategoriee as sterk mededingers beskou en het besondere vermelding van die beoordelaars gekry.
Hulle is Vrede en Lust (Argitektuur) en Grande Provence (Wyntoerismerestaurant). Die wenners gaan nod beoordeel word 'n internasionale panel wat later vandeesmaand panel wat later vandeesmaand die algehele wenners sal aanwys.
Agt lande neem aan die kompetisie deel. Buiten Suid-Afrika is dit Frankryk, Spanje, Italie, Portugal, australie, die VSA en Argentinie. Darn sal op 17 November by 'n glansgeleentheid in Mendoza, Argentinie uit elke land ‘n algehele wenner aangewys word.
"A hard drinker, being at table, was offered grapes at dessert.Thank you, said he, pushing the dish away from him, ''but I am not in the habit of taking my wine in pills.''"
- Anthelme Brillat-Savarin


Wine Cellar Tour
Experience everything from the vine to the wine. Start with
a vineyard tour then be guided through our cellar and finish
in the tasting room to sample our wines.